Auguste Escoffier

Auguste Escoffier
Tournedos Rossini
Pêche Melba

Auguste Escoffier (28 Oktober 184612 Februarie 1935) was een van die beroemdste sjefs ter wêreld. Aan die einde van die negentiende eeu was hy die belangrikste vertolker van haute cuisine [uitgespreek as ot koe-ie-zien],[1] die sogenaamde hoë kookkuns in Frankryk. Hy het belangrike veranderings in die bestuur van kombuise ingestel. Hy het ook sy kennis en ondervinding met jong sjefs en die algemene publiek gedeel. Die kookkuns behels noukeurige en soms langdurige voorbereiding, asook aantreklike opdiening. In luukse hotels en fynproewer restaurante word hoë pryse daarvoor betaal. Die gewone kookstyl in Frankryk word cuisine française genoem.

  1. Vir fonetiese uitspraak sien Oxford Hachette French-English Dictionary – ot kɥizin

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search